drome uit ‘n pyp
stil sit ou grysaard
hy droom en sien visioene
vergesigte van sy mense se lot
alles om hom het verbrand en verwoes
hier en daar lê daar ‘n groen-geel kolletjie
verraderlike spieëlbeeld soos water
wat in die woestyn son wink
sy visioen van een land
een republiek
van kaap
tot teen
zambesie rivier
lê star en loer
vir elkeen
wat boer
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.