Die vier seisoene storie.
Daar is vier strande in my hart.
(Amper soos die spoke
in daai cliché Kersfees-stories.)
En as ek moet begin
sal ek sal begin by die verlede
my verlede
op die warm strand
met spierwit sand
wat jou voete brand.
Daar waar die water warm is
en die bome skaars is.
Die strand waar al my seer gebêre is
en waarskuwingsborde rondstaan.
Die ander strand is nou … swart …
dis leeg
en daar is niemand wat meer ronddwaal
teen die eens sagte wit klein golwe
wat oor voete spoel
asof dit al die vuil en seer afwas.
Die Winterstrand is my Kaapsebaai
vol stormwinde
wat woes en rof
my vol snye waai.
Dis alleen en koud
en soms wanneer nuwe dinge
my met ou dinge treiter
gaan soek ek mooi skulpies daar,
tussen die reeds gebreekte stukkies
op die koue nat sand.
Maar soos in alles is daar altyd hoop
en die toekoms
sal nie kan bestaan daarsonder nie.
Iewers is daar ’n rustige strand binne my
waar die waters stil is
waar die water suiwer is
en die rif onder jou sienbaar is
wanneer jy daarin dryf.
Waar vrede oorheers
en liefde so opreg is
dat seerkry
vergete bly.
© Anria (28/01/2016)
4 Kommentare
-
Anze
jy het hierdie een sommer diep gaan haal.. pragtig gepen.. en JA daar is ALTYD hoop!!!
-
Suzette Strydom
Dis 'n harts'gedig hierdie' Puik!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
Anria een van jou bestes ooit