Ek onthou.
… en ek onthou
hoe jou hand geproe het
vasgebind aan die hospitaalbed
toe ek dit die laaste keer gesoen het
toe ek jou vir die laaste keer vertel het
hoe baie lief ek jou het.
… en ek onthou hoe dit gevoel het
die laaste keer toe jy my hand gedruk het
toe jy nie meer regtig kon beweeg nie.
… en ek onthou hoe dit geruik het
die laaste keer wat ek by jou was in ICU
om jou te groet.
***
Ek onthou ook
hoe vinnig die M5 gery het
en jy so tevrede gelyk het
toe ek vir jou sê ek is nie bang nie
jy kan maar nog vinniger ry …
© Anria (2016/02/19)
10 Kommentare
-
borrels
Party goed sal mens nooit vergeet nie. Baie mooi Anria
-
Doret JohnstoneRobertson
Anria, ek kan my so geheel en al vereenselwig met hierdie gedig van jou. Dis is mens se behoud dat jy alles onthou en steeds op die heel beste kan bly fokus.
-
Suzette Strydom
Die laaste onthou.. baie mooi!
-
neels claasen
As ek darem nspietkop daar was....
-
Viooltjie
Anria, dit is nou 'n gedig wat my baie diep tref. Ek dink dis baie, baie goed gedoen. Veral hoe jy die laaste strofe inspan. Dit doen net iets en ek kan nie my vinger daarop lê nie, maar dit doen iets. Dit maak dat ek hierdie gedig nooit gaan vergeet nie.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Somerreën
Saam die soet ook die sout. Die gedig van jou is perfek verwoord, en die ritme soos die van 'n "onthou" wat flits in mens se geestesoog. ai....dis so hartseer en tog sooo eg mooi. xxx