Jongste aktiwiteit:

Net jou hand …

die see is rof-onstuimig
soos die storm in my hart
die seevoëls raas aspris met
skril stemme wat my tart
ek het jou gemis vanaand
die see was sommer grou
die branders ken ‘n nuwe lied
ons het dit saam geskryf vir jou

ek wou die boodskap by jou kry
die golwe moes dit leer
rol-maal-tuimel-breek
daar is aan hul geen keer
die boodskap lê daar duidelik
in flenters op die sand
as ek te veel na jou verlang
maak ek my oë toe
en soek net jou hand …




daar is 'n plek in my waar ek nog jou vingerafdrukke voel waar jou soene nog talm en jou fluisterwoorde saggies weerklink dit is die plek waar 'n deel van jou vir altyd 'n deel van my sal wees ...

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed