Die vlaktes van my hart
My rooi-rooi hart speel-speel
in die watervoor
‘n fluistering saggies
teen jou hart se venster
oor die kanteling
van jou glimlag
kom die liefdes reën
oor vlaktes gejaag
en die wind
roer ligpatrone
wat dof’glimmer
in die groeiende skemer
5 Kommentare
-
-
Viooltjie
Goeie, strelende atmosfeer geskep, Suzette:-)
-
Anze
baie mooi Suzette... Let asb dat jy wanneer jy plaas moet kies onder watter kategorie jy plaas.. Jy kan dit wysig deur na jou bydrae te gaan en te verander na "Gedigte"
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels claasen
Pragtig suzette