Die droë spasies in asemhaal
Koffie kringe
omring van my woorde op die verbleikte papier
die blou ink
is gesmeer
trane vlek
al droog dit op
daar is dinge in die lewe
wat jy net moet verduur
soos mense wat stink
en mense wat dink hulle is perfek
daar is ander harte ook gebreek
ek weet
die storie word al afgesaag
dis hoekom ek nou
en elke dag
net my trane sigbaar maak
tussen die droë spasies
van asemhaal.
@ Anria (2016/02/12)
12 Kommentare
-
-
Anze
sjoe dis ongelooflik mooi.. jou slot is n treffer!!
-
Viooltjie
Ek dink dis goed gedoen, Anria. Ek hou daarvan hoe jy iets so alledaags kan deutrek om 'n ernstige gedagte oor te dra :-)
-
neels claasen
Goed gedoen anria
-
Evelyn van der Merwe
Jou slot spreek van hartseer en trane wat aanhoudend vloei tog is daar droë spasie van hoop. Mooi gepen.
-
Helena Mellet
Diep. Ek is ook baie mal oor jou slot.
-
Somerreën
Een van daardie gedigte wat lank na jou sal voortleef....ek glo. Van begin tot einde is die gedig aangrypend en vang jy my vas in die emosies wat jy skets. xxxx ♥
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
borrels
Baie mooi Anria ... jou woorde raak my altyd.