
Strandlopertjie
tussen gebreekte tinsel
wat oor seestrand spoel
en ‘n gekraakte bloedrooi bal
wat aan die horison hang
het ‘k as verlore
afvlerkstrandlopertjie
oor korrelklip en fyn gebreekte skulp
gestruikel-val, sò in jou hart se baai gestap
hier het ek my sielsvrede
in die ritme van jou hartklop kom vind
waar jou liefhê oor my dartel
soos ‘n koel somerswind
© Anzè Bezuidenhout
5 Kommentare
-
Anria
Pragtig. Ek lief dit. Jou titel ook.
-
neels claasen
Laat my so dink aan die afbeen tortelduif daar by ons hy is al so mak dat hy by ny kom eet as ek hom voer en dan moet jy hom hoir koer.
-
Viooltjie
Pragtige beelde geskep, Anze. Die gebrokenheid kom goed na vore :-)
-
Evelyn van der Merwe
Pragtig beskrywend gepen waar jou liefhê oor my dartel Hou hiervan
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
borrels
Mooi geskryf ... die see bring altyd kalmte vir 'n onstuimige gemoed