Uit die oog, uit die hart?
tussen brief vergeeld en lem geroes
waar geen son of ster of maan
ooit weer die duister sal verlig nie
dig nog net haar sagbruin oë
stil – deur glas en stof – sy naam
© C. Shaw
16 Februarie
12 Kommentare
-
-
neels claasen
Kort en Pragtig en pragtig
-
borrels
Ai dis sommer maar net baie mooi vir my
-
Evelyn van der Merwe
Hierdie is uitmuntend gepen, veral die laaste reël spreek van woorde wat ontbreek in 'n hart wat leeggeloop het tog is die verlange onuithoudbaar en dit word so deur die oë openbaar.
-
Somerreën
Klink sekerlik afgesaag, maar kort en meer as kragtige woorde die....wie sal weet of dit uit die hart ook is.... Lief dit.
-
Kiekies
Og daai laaste 2 reels maak my eerbiedig stil!! So mooi.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
met min woorde se jy soveel.. pragtig!