Ere aan Amakeia
Op die grens van Kafferland
het jy menig’ Amakeia deuntjies
in die skitter van die awendster
aan die witkind sag geneurie
al was sy mamma bitter ver
Want daar’s aan haar belowe
sonder huiwer, sonder kla
toe sy sterwend aan jou vra
dat jy die kleine piekanini
tot die dood op jou rug sal dra
Braaf het jy ligvoet gevlug
na Amatola doodsberge
wyl jy heelpad saggies sing
stil maar, stil,, stil my kind
maar verspieders het jul tog gevind
Assegaaie het jul wreed deurboor
maar jy’t nie die stryd verloor
want belofte aan jou nonna
het paal bo water uitgestaan
al het die vyand jul verslaan
Aan Amakeia ‘n ereplek
daar waar die Amatola klowe
nou neurie in die winterwind
van Amakeia en die spierwit kind
sal Geskiedenis nooit kan verslind
5 Kommentare
-
neels claasen
Pragtige gedig Evelyn en n ware ode aan Amakeia wat haar gelofte tot die dood toe nagekom het
-
Anze
Hier het jy jouself oortref! Pragtige ode en dankie vir jou bydrae tot die projek
-
Somerreën
Sjoe, ek is stom. Verseker 'n groot WOW vir my. Mal oor die hele gedig, die ritme die rym val perfek in....en 'n treffende einde. Mal hieroor.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Ja, dit is nou 'n verhaal wat ek seker nooit sal vergeet nie :-)