Ek dink ek het my musiek verloor (nie my dans nie)
Ek soek stilte
ek soek alleen wees.
Ek is nie eensaam nie
ek soek net stilte.
Ek soek vrede
sonder mense
stilte
met net die natuur
se geluide.
Boude en boobs
is al
waaroor mense deesdae sing
en hul musiek
is net klanke
sonder gevoel.
Gee my meaning
gee my guts
gee my hoendervleis
gee my stories
sonder einde
in lirieke
of gee my stilte
sonder mense
wat so fake sing
soos hulle is.
© Anria (29/01/2016)
6 Kommentare
-
Anze
Anria jou woorde praat ook uit my kop!! Puik gepen, lekker ritme in jou gedig
-
Somerreën
nooit sal jy jou dans verloor nie, want jou ritme is jou hart.....mal oor die einde....xx
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Ek hou BAIE hiervan Anria. Boude en boobs doen dit ook nie juis vir my nie ☺