By wyse van bloei….
Die ware horison
van my
in jou
lê onderskeidelik
soos die son
wyd uitgestrek
geel in oranje
diep rooi in geel gemeng
ñ refleksie so waarneembaar
in die oog van jou
toenemende kontradiksie
wat sagkuns
hier voor my afspeel
soos ligstrale dans
in die wind
ongesiens
net ñ gevoel
hier teen my wang
my liberaal
soos bloeisels wat innemend
in die lug rond waai
soetjies
onversteurd
dan landing vind
soos jy
in eenvoud is skoonheid
opgewek
en net soos my liberaal
vertaal
jy die onmiskenbare tekens
in my
en in jou
tot waar die middelpunt
van horisone
ons lei na die mond
van die waarheid
wat binne ons lewe.
Chantelle Holder
02 Maart 2016
© 2016
8 Kommentare
-
-
Evelyn van der Merwe
Uitmuntende slotvers. Knap gedaan.
-
Anria
Moet tog asseblief nooit weer ophou in Afrikaans skryf nie! Ek dink uitmuntig is die regte woord!
-
Zymrly
Uitstekende gedig.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Baie mooi beelde hier gebruik, uitstekende gedig