‘n Oomblik vir altyd …
‘n oomblik vir altyd
sekondes verby
‘n leeftyd se drome
in stondes te kry
dis hoe ek ons lewe
met oomblikke heg
want as ons weer kyk
is alles dalk weg
‘n oomblik vir altyd
is al wat ek vra
dat jy my hart in joune
‘n oomblik vir altyd
… sal dra
©
12 Kommentare
-
-
neels claasen
tipies borrels kort kragtig en pragtig
-
Evelyn van der Merwe
Etlike oomblikke en sekondes wat eeue se geluk kan vasvang. Mooi gepen.
-
Anria
Pragtig. Ek het 'n boek(ie) gelees met dieselfde titel. Dit was mooi ...
-
Somerreën
Wow....mal oor die gedig van begin tot einde....vloei so sag...
-
Zymrly
Goed geskryf met uitstekende ritme
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
mal oor die ritme van jou pragtige gedig.. dis BAIE mooi!