Jongste aktiwiteit:

BLOUBERG SE STRAND

Ek maak die vensters van die oggend oop
en kyk hoe Tafelberg se spookasem teen sy hange
met ‘n lag afgly see toe
en Blouberg se strand loopplek langs sy skuimbaard maak

Die nag se verlore gedagtes kom speel klop-klop by my agterdeur
vroegoggend hier langs die see se rolbos branders
wat lêplek op die strand kom soek
en Bloubergstrand se sout op my lippe brand

Die wit gekalkte huisies lê vermom in die see se asem
en vissersbootjies stoei teen die toue om terug te gaan see toe
terwyl vissersnette droog hang in gisternag se wind
en oumas voorskote verfrommel
oor kleinkinders wat vir die eerste maal moet see toe gaan.

Die wind blaai deur die bokkoms op my agterstoep
terwyl die branders speel tussen die sandkorrels op die strand
en die see sy briewebus uitspoeg
iewers op Blouberg se strand

… Tafelberg suig sy spookasem terug
terwyl Blouberg se strand sy gedekte tafel skoon maak
en bokkoms wieg
en vissersbootjies teen ankertoue trek en oumas wag
vir Tafelberg se spookasem lag




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

6 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed