Dié eensame vrou
Soos die son sy sak, sak
en die nag weer sy gesig kom wys.
Kan ons vashou aan ‘n belofte,
die een waarvan Dawid in Psalm 23 praat,
want Hy is tog dan ons Herder,
wat ons elke dag en nag beskerm.
‘n Klomp duiwe kom dan gelyk af aarde toe gevlieg,
van vêr doer bo,
daar waar mens deesdae in sprokies kan loop en glo,
opsoek na skuiling,
iewers in ‘n verlore eensame boom,
wat doer vêr staan,
vir eeue al, net om te vergaan,
sonder liefde en vreugde, met geen doel.
So is daar ook vanaand ‘n vrou,
wat alleen moet loop, lepellê.
Sonder liefde en blydskap in haar lewe,
laas maand het Heer haar man van haar weggeneem,
mag sy Hom dan nie blameer?
Sal Hy haar dan vergewe?
Mag die duiwe van vroeër,
haar kom geselskap hou,
tot in lengte van dae,
soos die boom ook weer vrug sal dra,
en dan glimlag,
sal sy ook weer ware liefde vind,
vanaand is my gebede en hart by haar.
Niks sal my dan nou kan keer,
want ek het ook al van eensaamheid geleer,
beleef en ook dan weer vreugde gevind,
vanaand sal ek my lied van verlange,
in gebed net vir haar sing,
net vir dié eensame vrou.
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou 19/02/2016 20H38nm
6 Kommentare
-
-
Suzette Strydom
Dis baie mooi
-
Evelyn van der Merwe
Prag slotvers.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Jou goeie hart en omgee vir ander wys duidelik in jou gedigte, Timmie 😊