Visvanger
ek sien jou sit
in neonligkantore
en staar deur ruite
die uitsig is so vaal
maar jy hoor steeds
die stormreën en donder
en op die dak
die gekletter van die hael
jy neem jou vlug
oor hemelhoë geboue
oor vuil teerstrate
en bruê van beton
tot waar die son
skyn oor somervelde
en waterstrome
alsó kronkel deur ‘n dal
teenaan die wal’
van vol en stil riviere
vind jou moeë siel
sy vrede en sy rus
daar is weer lig
in die donker van jou oë
en in jou hande
die blink lyf van ‘n vis
*
ek sien jou sit
in neonlig kantore
en staar na buite
deur ruite grou en vaal
© C. Shaw
20 Februarie 2016
8 Kommentare
-
Toonpoon
Ek wonder in watter neonkantore kan 'n mens hael op die dak hoor? 'Brue van beton' is 'n cliche . Oulike idee dat iemand droomveelore deur die venster staar. (Dut hy/sy dalk weg dan vang hulle eerder vlieë as vis)
-
neels claasen
Laat my so dink aan Anton Goosen se liedjie waarin hy van die city/stad sing
-
Amaspoke
Dit is juis die teenstellings wat die gedig maak. Pragtige skrywe
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anria
Hoekom voel dit asof hierdie vir een van ons digtersvriende geskryf is, wat altyd so na die natuur verlang, en van visvang hou? Dis baie mooi geskryf. Dit maak my skoon verlang 😆