
BY DIE DAM
‘n Lelie treë uitspatig op die hoogste maan se sport,
spoel swierig in die warm Oktober aandwind rond,
en buig uitspatig voor die amfibieë toeskouers op die ronde bekerblare,
terwyl ‘n uil opgepof alles stil bekyk.
‘n Kriek krap vasgevang in ekstase sy skurwe pote teenmekaar,
in die aandbeeld se refleksie wat tydsaam afskil van die maan,
wat nader na die ou verweerde windmeul langs die plaasdam kruip,
en sjarmanties ‘n mimiekspel uitspeel teen die pomphuis muur.
…Dan skielik asof die herder die nagskape huis toe lei,
slaan vlekke van ‘n nuwe dag gate in die pikswart oggendkim,
terwyl die toeskouer amfibieës saggies teruggly in die koelheid af,
en dit dag word langs die dam daar op die plaas.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie mooi beelde geskep, Louie. Maak my lus om ook langs 'n dam te gaan sit 😊