Jongste aktiwiteit:

Israel

Israel
hier in die land van die bybel
word vertel die storie
van volke wat mekaar haat
wat vir eeue lank al baklei
van die beloofde land
wat ons van leer.

missiele se plofkop
ontbrand soos vlammehel
as dit afgeskiet word
oor beloofde land

die aarde sidder
as geboue inmekaar sak
en die bloed weer vloei
van treffer op treffer van geskut
en die gedreun van tenks en pantserkar
die paaie verswelg

soldate wat met lee oe en geen glimlag
poseer vir ‘n foto saam met toeris

ek was net daar vir korte rukkie
maar die angs van die mens
het my gevat
en my laat verstaan
hoe is dit om in die beloofde land te woon




Hou daarvan om storielyn gedigte te skryf as ek dit sou kon beskryf. Die mense wat dit lees se dikwels hulle "sien " dit in hulle gedagte wereld. My gedigte is op n blog http://gedigtevirjou.blogspot.com wil jy nog meer daarvan lees net vir die lekker daarvan

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed