Woorde-engel (Brons)
dit was ‘n Vrydagaand in Desember
toe jy weg is na ‘n “beter plek”
soos die mense sê wat wil troos
maar al die mense se woorde
kon my nie troos
ek wou die Bomenslike sien
soos Simba se Mufasa in die wolke
of net ‘n wit duif of veer
op my vensterbank
maar daar was niks, boggerol niks
toe bring ‘n engel ‘n sak vol woorde
pak die woorde netjies uit in rye
en die engel sê vir my
mense noem dit Verse
toe gaan sit die witvlerkengel
op my vensterbank
en knipoog vir my
© Elisma van Zyl
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die November 2022- OOP projek