pyn in die skaduwee
pyn in die skaduwee
gespanne vinger trek die sneller
harde grond, koud teen my wang
lig kolk fluitend flouer tot
swartheid …
pyn, nog pyn
flitsende gedagtes
breek die donker
waarin tyd verdwyn
ek onthou te min
ek onthou genoeg
stilte deur fluisters
uitgespoeg
al harder tot ‘n angsgil
wat neulende pyn verstil
woede …
©VonVillon
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.