Spoed: Die moordenaar op ons paaie? Meningstuk – September 2021 Silwer 347 Woorde
Ons nader weer die mal seisoen. Almal moet mos see toe. Pa en ma neem hulle jaarlikse vakansie verlof omdat kleinboet, of sus, se groot skoolvakansie oor Desember val. Die motor is gepak en almal suiker see toe. Die gevreesde N3 snelweg verander oornag plek-plek in ‘n skrootwerf wanneer oormoeg en onverskillige motoriste die pad […]
in ongeloof
– die kransduif wyfie klae en steun om ‘n plek uit te skrop vir haar nessie stokkies en takkies gebreek hoog bokant die grond weg van die oog daar lê sy dit wat haar kinders gaan word – die vinkie ouers skreeu en sketter in wanhoop om hul nes waar die swart kraai alles kom […]
Nare Waak
Nare Waak Midde-in die straat die geel en swart geveerde bekkie wawyd oop koppie neig na bowe wanhopig val sy kreet op dowe mense-ore Neffens hom ‘n tweede stel geel-swart origamivlerke diagonaal deur impak kunstig herrangskik Daagliks speel dit af tragedies in die kleine onopmerklik onbewustelik voor mense-oë, nikssiende Vir die een wat die toneel […]
pre-skepping-se-draak(ula)
– grommend altyd drommend stormend soos impis in die nag krysende gegil met boosheid gevul sluipende duister en onheil skerp gemaak deur haat gevul uit eeue se mensword-pyn uit skepping se nagmerrie droom gekruip altyd daar in elke donker en kwaad put genot uit mens se pynlike lot geen emosie groter as genot geen gewete […]
on(verwags)
– toe jy daar was was daar lewe energie die Lig wat min herken het eers toe die Lig duisternis word toe dit te laat was en net verwyt oorbly het hulle die Lig erken en begin ween – so is ek gebore ‘n kleine dorpeling uit die skoot van eenvoud het Hy my laat […]
Wat is die kans?
Dit is gek om te glo dat die vlees die onafwendbare sal oorheers metdat die gees totaal ontkennend (in ‘n verslawingswaan) veglustig baklei téén die minimale moontlikheid en hoë onwaarskynlikheid dat hy by volle magte is om ‘n selfopgelegde doodstraf met kortsig te durf betwis. © Loretta Szikra
uurglas (brons)
uurglas ek wil warm sonlig in jou uurglas skink wat stadig, stadiger uit sal loop en die taai goue stroop van hoop sal heldergeel teen die kante blink jou weggaan maak my so verskriklik bang want ek weet die leegloop gaan ons vang © Hester Steenkamp
as die kerkklokke lui (silwer)
wanneer winter vroeë môre sluimer-sloer, songesig skuifel-skuifel, knipoog-loer rafelhang ‘n asgrys wolkjas kort voor lank waar onewe horlosiebene drentel, skuins na ag ewe hinke-pinke, skamerig alom die skilferende plooigesiglyne waaragter kerkklokke nou luidkeels dog hoogheilig langsaam huil dreunerig snikkend in klingel-klang herroep dan ‘n era van jare lank, draai honderde sonsopkomste terug en my kaalvoetkind […]
Wat maak dit saak?
Die huis was vervalle. Verf het orals afgedop wat my vir een of ander rede laat dink het aan ‘n slang wat vervel. Bossies het hulle tuisgemaak in die tuin wat lank gelede die liefde en aandag van ‘n vriendelike ou tannie geniet het. Die voetpaadjie na die voordeur toe was vol krake met onkruid […]
Die tog van rou
Vertrou die tog van rou al skaaf die tuig Sy juk is sag jou las te swaar laai af, laai af Vertrou die stort van trane wat wonde was Sy sout inwerk jou letsels soos bloeisels dounat laat blom