Nare Waak
Nare Waak
Midde-in die straat
die geel en swart geveerde
bekkie wawyd oop
koppie neig na bowe
wanhopig val sy kreet
op dowe mense-ore
Neffens hom ‘n tweede stel
geel-swart origamivlerke
diagonaal deur impak
kunstig herrangskik
Daagliks speel dit af
tragedies in die kleine
onopmerklik onbewustelik
voor mense-oë, nikssiende
Vir die een wat die toneel
en slagoffers aanskou
stoot galbitter na bowe
‘n jammerlike waarheid
waaraan ons soms toe-oë klou
of meesterlik herskep:
Die trakeloosheid
wat die mens
van sy gewete red
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.