Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: uurglas (brons)

Deur Hester Steenkamp
Datum gepubliseer: 6 September 2022 Aantal woorde: 45 86 Kere gelees 4

uurglas

ek wil warm sonlig in jou uurglas skink
wat stadig, stadiger uit sal loop
en die taai goue stroop van hoop
sal heldergeel teen die kante blink

jou weggaan maak my so verskriklik bang
want ek weet die leegloop gaan ons vang

© Hester Steenkamp




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    10 September 2022

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2022 Snelheids projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 11
Kommentaar telling: 3

Ek is 50 jaar oud en is 'n boervrou. Ons boer in die suidooste van Namibië. Voor ons plaas toe getrek het, was ek 'n Aardrykskunde en Afrikaans onderwyseres in Windhoek. Ek het 'n liewe, liewe man, twee dogters en 'n huis vol troeteldiere. Woorde is een van my passies.

Horison Media

AfriForum – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

FAK – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

Die Afrikaanse Taalmuseum & -monument – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

SOLIDARITEIT – Trotse borg van INK dig/skryf kompetisie

 

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 145 gaste aanlyn

Bydraes – Argief