Die groot ou waenhuis
Die groot ou waenhuis
Dit was die tyd van die Dorslandtrek toe Grootoupa hierheen getrek het.
Os en wa, vrou en kinders saam. Hier is groot planne beraam.
Die waenhuis staan al byna honderd jaar. Hier en daar kon jy ‘n termiet gewaar.
Heelwat later het sink die dak bedek.
Eers die begin van ‘n familiehuis. Selfs die kinders het daar getrou.
Plaasmakietie is daar gehou. Boereorkes wat speel met lepel en saag.
Kan jy nog onthou hoe ons kruiwa gestoot het?
Pietman het nog in die sloot geval.
Dit is nou my beurt om planne te beraam. Die waenhuis is vandag ‘n skuur.
Is dit nou tyd om die planke te vervang met ‘n groot klipmuur?
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.