Tabo
jou geboorteplek
jou geboorte merk
alles dui op stewige
herkoms en fondament
van kleins af kom die vraag
is dit Tabo of taboe?
so beteken elke
mense naam
iets anders
met al die
byname
afleidings
en byvoegings
en tog is daar meer
as net ’n naam
dit identifiseer jou
dit vorm jou selfs
soos Boet, Ouboet
en Kleinboet
dig selfs
betekenis toe
aan jou eenvoudige
dog unieke
bestaan
© Tearlach.
(tabo – Hausa vir plek. Hausa word word hoofsaaklik in Nigerië en Niger gepraat)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.