Snare van die son
Snare van die son…
Elke môre vroeg speel die mooiste melodie. Voëltjies sing: die dag begin.
Elke straal speel soos die snare van ‘n kitaar. ‘n Lied van liefde wat nooit sal bedaar, van ‘n lewe onverklaar.
Geloof, hoop en liefde saam op die noot van geluk, vrede en vreugde is die wysie van elke liewe nuwe dag.
Sou die mens tog eerder saam met die natuur kon sing, hoe mooi sou die strale van ‘n nuwe dag ‘n lewe bring.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.