Maskers in die kas
Maskers in die kas
vroegoggend voor die spieël
met vele maskers in die kas
watter een sal dit wees vandag?
die een wat uitbundig sal lag?
hansworsmasker verberg seer
die lag stop tussen mond en oë
dieper kyk wys die hart se traan
kan nie altyd wêreld daarbuite flous
masker wat lewensmoeg verbloem
sluk maar nog paar pille vir moed
dowwe oë reeds moegheid verklap
floue lewenslus hang swaar in oë
watter masker bly daar nou oor?
dalk maar net die regte egte jy
masker voorhou is harde werk
rus in maskervry se bevryding
©Marianne Buys
10 Junie 2021 16:01
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.