Hemel soene
Hemel’soene ❤ ‘n Vrou se wese, haar vrese, haar pyn maak haar geloof net sterker Sy is soos ‘n blink diamant, wat jou met wysheid sal lei Soos sonsopkoms, die skoonheid van elke nuwe dag wat glimmend op haar wange skyn🌅 ‘n Briesie met dagbreek, so weerloos is ‘n vrou se binnekant Soms kry sy […]
tu me manques (Silwer)
jy is stadig geknak en verweek uiteindelik middeldeur gebreek by jou sterfbed mog ek skaars vertoef maar jy gaan my solank ek leef ontbreek * tu me manques (Frans) Ek mis jou
Hemelskadu
Liefling, jy is die sterk hart wat die polsslag van ons liefde bepaal, so ons dra jou met trane oor ons wange maar dankliedere in ons harte na ‘n plek waar lang koeltebome en begroeide graniet hul eie storie verhaal. © Zebbie
hemelblom (silwer)
uit blomsaad ontkiem sy o so lenteskoondiep somerskitterlag waar vreugare wortelskiet kroonblomgesig tot blaarvalseisoen maar papierdroogblom toe swartryp oë sterverskiet Elizabeth
Laaste asem (Goud)
dieselfde mond wat skertsend smaal oor dood of druppend hoop op nog ‘n stukkie brood sal hortend-hygend hangend op ‘n tyd ‘n laaste asem oor droë lippe stoot Andries Fourie (Seirdna) 13.07.2022
laaste tree (SILWER)
laaste tree in die sagte stil skemerjare van jou oudword as mens leef jy dikwels met groot versugting en een groot wens en as jy met heimwee verlangend terugblik oor jou lewe kom die besef: straks sal jy jou laaste tree gee oor dié grens ©Marlene Erasmus 20/07/2022
Verlange (Silwer)
Nou tors my siel oor jou seerkry verlies sukkel op papier om woorde te kies die vurige verlange te versag te hunker na iets mooi en nostalgies. © Zebulon Kochk
Winter inferno.
Winter inferno Ons almal lewe en droom van die “eendag”. Ons gaan deur die seisoene van die lewe, soms met groot blydskap en soms met hartseer. Ons begin in die lente van ons lewe. Ek ontwaak hier in die einde van Junie met die verskriklikste wete van verlies! My asem stol in my borskas, dit […]
Binnelandskap
Binnelandskap Dis 11 Junie 2022 die plaaswerf is spierwit vanoggend en ek dink by myself, neewat die seisoene is nog mooi in plek al is aardverwarming op almal se lippe en op hierdie koue wintersdag moet ek groet, ons geliefde grond hier waar my wederhelf se spore lê hier waar ek geborge voel nooit sou […]