Winter van 1843.
Winter van 1843. Aan die voet van die Drakensberg is die opstal van Hendrik en Martha de Beer. Dit is die jaar 1843 en winter het sy vere reggeskuif en in volle glorie neergedaal op die vaal vlaktes. Hendrik se plaas het in die kromming van die berge gelê in, daar waar die berg ʼn […]
‘n Koue gebed
Ek het my hande weer teenmekaar gevryf en warmte binne-in probeer blaas, maar dit was nutteloos teen die ysige wind wat deur been en siel gesny het. Ek het my een hand weer in my jas se hand gedruk, wat klein bietjie gehelp het, en met die ander hand die leisels weer vasgehou. Die hings […]
Liefde onbeskryflik groot Silwer
in die ryptrap van ‘n winterlandskap haar wit gevlekte lyf nakend in die holte voetjies koud en styf haar offer een van liefde in die donker nag se klou lippies wat eens rosig was nou ‘n lewelose blou in die ryptrap van ‘n winterlandskap geen spoor was daar te vind eggo stemme in die donker […]
Verrassings Kassies
op vierkant donkerhout kassie uitgekerf ń vreemde landskap binne rus ń rekening die as van ń kind diep swartklowe sny die vaderkop witbossies oortrek die kop katarak strak staar sy oë na die kissie as in vyfster hotel op spierwit tafeldoek reik ń naallakhand na skuldkassie vierkant plastiek sal gou vergoed op kaal misvloer tuur […]
ek sal jou onthou
vir ma 11/06/1945 – 23/5/2022 ek sal jou soek in die volmaan se gloed in die ysterklip wanneer die geel gras oor die veld wieg in die hemelhoëhange wanneer jou asem snak in meiringspoort se gange ek sal jou proe in soetwyn en sushi suiglekkers in ‘n blikkie roomys en halva en seafood pasta ek […]
sonder (brons)
somber somer somber son warm skraal sonder straal somber winter somber kind sonder ys sonder wind somber vind lentekind somber groei weggesnoei somber herfs somber kleur roesjas middeldeur somber stil son(on)der jou Elizabeth
Heimwee Verlange (Silwer Klas)
Heimwee verlange Dit speel af soos ‘n film, gisterjaar se onthou. Geliefdes se beelde wat in my geheue omvou. Die vassteek van stemme in die holtes van my siel. Soveel liefde, maar ook soms met verniel. Die krane van my hart lek met eb en vloed se trane, oor die gemis van my mense oor […]
Die Ballade van ‘n ballerina
“Niemand mag weet” dink sy, van haar verhouding met die komponis. Die jongmans is vreeslik lasterig op die bus, elke jong russiese man beoog mos om met ‘n ballerina té trou. Maar die japies het mos geen sjarm op hulle. Dis net egotistiese aanmerkings wat vir haar vreeslik kras is. Sy kyk uit die venster […]
Weg (Goud)
ek wou nog hello sê en groet toe val my woorde in swaar eggos op die grond met net die spieëlbeeld van die klanke wat afloop soos versugtings teen die hoeke van my mond ek wou nog groet en hoed afhaal maar jou wegwees was my wyser en midde van my uitgang sien ek weer […]