Oom Jaap en sy koei
Oom Jaap en sy koei
Oranje-pienk sak die son daar oor die plaas Geelblom.
Droogte van die laaste jaar het die boer se oes heel verwoes.
Met net ’n paar hoendertjies wat broei en ’n koei, is waarmee oom Jaap tans vir ’n inkomste stoei.
Bietjie melk en room, dra koei Blometjie haar kroon.
Met sy vuil blou jeans en blokkieshemp swoeg oom Jaap daar op die plaas.
Kla sal hy nooit, dalk net sê as die wind net vandag wil blaas.
Damme leeg, lande kaal. Selfs die muis trek hier vandag swaar.
Tog sê oom Jaap: Die Vader het vir my nog ’n dag bewaar.
© Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.