Staatsgreep nr. 6
Terwyl die rooiberet-brigade
buite ons grense stof opskop –
is ń mak bobbejaan
elders in Zimbabwe
in sy spore gestop….
en hier in Pendoringland
is ń komplot aan die broei
dapper soldate sneuwel sinneloos
van hul woorde gebloei
Die kamp kommandant
het sy pen vir ons in –
te midde krete om hulp
het ń woordoorlog begin
Die koevert was gestempel
“Staatsgreep nr. 6”
ń misie onmoontlik
my digtersiel gekwes
Waar versies en verhaaltjies
in ń digershart moet blom –
brand ń blink gepoetsde pendoring
diep onder die vlees
soos ń phall-kêrriebom!
En my muse wapper dapper
vaag in die mis
aan ń vlagtou in ń spookdorp
genaamd Moerengone-verby,
waar dit verslete
langs ń vlak graf
aan ń pendoring ry…
©Loretta Szikra
20171128/Pendoring 6/Burlekse digvorm
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.