Jongste aktiwiteit:

die klippe roep luid

in pakhuis
lê opgevoude
kartonne
gebind met
maskeerband
doodstil lê die bokse
geen geluid kom daaruit
vreedsaam lyk dit op die oog af
maar daarbinne lê verlore kinders
dogtertjies en seuntjies
gekaap om as slawe
vir sekshandel
te verhandel
gesmoor
met dwelms
vir dertien uur
uitgevoer soos vrag
opgeveil soos vee
vir altyd verlore
vir ouers
sussies
en boeties
wat nooit sal weet
watter hel hul
vir jare sal
deurgaan;
o grote God
hoe kan dit gebeur
my hart in twee gesny
my verstand staan stil
alles in my rebeleer
waarom soveel
haat en nyd
teenoor
onskuldige
kinders
vir
dertig
sikkels
silwer
soos
vir
U
my Heer

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed