stormwind
blink strande
glad lê die see
koue waterweë
soos glas wande
springende golwe
met wit watersproei
wind daarteen stoei
deining omgedolwe
sit ek op my duin
verwoesting lê gesaai
staar ek oor die puin
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.