Hoe lank nog?
Hoe lank nog?
Vrees knel Buitelandse Beleggings
tot hul halfgebore sterwe
Angs pootjie Hoop in sy bewegings
om die toekoms te beskerm
Gelatenheid sien geen rede
om Kwaad die hoof te bied
Geweld trek ʼn mes uit sy skede
om Ekonomie se slagaar af te sny
Geldsug lig sy slinkse kop
en staar blinkoog na BEE
terwyl Rassehaat die Boere skop
tot hul doodgaan op hul plaas
Maar steeds dans die dwase Leier
wat enige skuld daaraan weier!
deur Stephan Uys 10/02/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.