Die dors
Die dors
Snikkend snak songebakte vlakte
verlangend smagtend wagtend
dorre dooie stofgetrapte oppervlakte
hygend dors na reën
Songebruinde stoere boer met roer
soekend tragtend vreesafwagtend
vir wraaksugtiges wat op sy plaas roer
hy’s hygend dors na vrede en geregtigheid.
deur Stephan Uys 12/01/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.