Te lank
Te lank
Jy trap op my
en jy weet jy maak seer
jy vertrap vir my
keer op keer op keer
Amper begin ek glo jy is reg
na weke, maande en jare se sê ek is sleg
aanvanklik het ek gedink jy is opreg
maar stadig het ons verhouding al verder versleg
Ek moet opstaan en weggaan
as ek hier bly, gaan ek bly ly
ek moet besluit en daarmee voortgaan
lank genoeg het ek onder jou gely
Maar ek sál opstaan,
ek sál na my Vader gaan!
deur Stephan Uys 10/02/2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.