Jongste aktiwiteit:

GESPLETE TONG

GESPLETE TONG

in ‘n koor
in menig taal
weerklink bewys
dat mense faal
want elke mond
elk met gesplete tong
‘n linker- én ‘n regtervuis
als wat lewe
summier vergruis
gelyktydig bulder
vrede verwilder
slurpend lint
om vas te bind
sweep – opsweep
jaag – verjaag
mislei – laat ly
in die afgronde in lei
verwurg
verwoes
vervreem

en dan verslae ween
en met dieselfde skerp tong teem
gebroke oë teen hemele slaat
O God….
waarom het U ons verlaat…

© – Barbara Smit 10/02/2018




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed