Piet Punte
Piet Punte
Nou kyk, sy naam het hy verdien.
Skoene,baadjie, vingers en snor staan elkeen op sy eie, punt in die wind.
Piet was die enigste kind. Sy ma, Sara Plaasmuis, was met woorde en reëls streng en puntenerig.
As kind was hy ‘n vingertjie omhoog, altyd eerste om die antwoord te kon gee.
Vandag bestuur hy die bank. Hy draai sy snor tot op die laaste punt en sê: “Ek sal eers daaroor moet dink.”
So regop soos ‘n potlood stap hy oral waar hy wil wees. Sy motor gee meestal die gees.
Al bestuur hy vandag die dorp se bank, wurg ou Piet die laaste bietjie uit elke sent.
Niemand is regtig met ou Piet bevriend. Sy lewe is so geslote soos die bank se kluis.
© Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.