Almal ken vir ou Blink Stefaans
Almal ken vir ou Blink Stefaans
Hy besit die slaghuis op die dorp.
Vandat die oues kan onthou, was Stefaans al daar.
Hy was een keer kort getroud. Sou die tannies vra wat gebeur het, spot hy saggies en sê:
“Die vrou het amper my kos opgeëet.
Dit was ook die laaste keer.”
Die “Blink” kom al van kindsbeen af. Ander kinders het vuil gesiggies, maar syne het geblink van biltongvet.
Net soos ou Stefaans se knope stry om sy hemp bymekaar te hou, doen Blink Stefaans dieselfde om die armes van die dorp op sy eie manier te onderhou.
Die ou stap al swaar die laaste tyd. Tannie Berta sê hy kry gereeld ‘n spuit.
Sou jy na hom en sy speenvark kyk, lyk hulle nogals regtig na mekaar.
Geen wonder hy noem die vark sy broer.
Siestog, sy hart is goed. As jy by die slaghuis iets kom koop, prop hy sommer ‘n droëwors, of iets om aan te kou, in jou hand.
Stefaans sê hy is alles behalwe vet.
Hy klop kastig op sy maag en sê:
“My spens is net groter as dié van ‘n normale mens.”
© Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.