Nonsens
“Nonsens ,moenie die meeue pla nie –
Nonsens, gaan lê nou stil man”
Nonsens was die naam van ’n hond
soms het Nonsens sy naam behoorlik uitgeleef
vele male moes hy maar gedweë, druipstert vlug
want Nonsens was ’n Jack Russel- brakkie
die hart van ‘n leeu gebêre in ’n piepklein lyfie
hy het my dikwels verras met sy beskermingsdrang
mense sê altoos: blaffende honde byt nie
maar hulle het nooit vir Nonsens geken nie
as dit volgens hom moes gebeur, kon hy geniepsig wees
Nonsens is ook al lankal gebêre onder die sand
daar waar ons die kaapse kobra gesien het
reg langs die see by die Chubb se verlate strand
maar sy nonsens – herinneringe het nog lank
nie heeltemal gaan lê nie
dit staan op soos wind
in my gedagtes
en drome
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.