Die dood was eeste in n fotoraam
Die Dood was Eerste in ‘n Fotoraam
Hierdie man hou geen mens van nie.
Hy is soos die balju. Almal probeer hom vryspring, maar uiteindelik vind hy jou.
Hy kom haal die wat eerder vir altyd moes bestaan.
Ouderdom beteken vir hom niks. Oud of jonk, jou lewe bly sy taak.
Hy dra die gesigte van mans en vroue. Van siekes en gesondes.
Hy kom stil. En laat ‘n lewe later in skerwe.
Hy los gate dieper as ‘n graf.
Hy neem antwoorde saam wat net die dooies ken. ‘n Stryd wat dié wat agterbly, self moet voer.
Al probeer ons sy foto in die gang vermy, hang hy lankal daar…
met die gesig van iemand vir wie ons lief was, ‘n stem wat ons nog ken.
Hy het hulle net later kom haal.
© Ryno du Plessis
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.