Jongste aktiwiteit:

Lente se liefdes spel by die see

Diep-blou… lê die see einder vanoggend.

Ruisend druis die Ouman met sy magtige waters,
beur ge-lei-de-lik vorentoe om skuimend
te breek en te bars op die gladde klip
van die strand.

Lente is min gesteur deur dié Ouman,
sy maak haar tuis soos ‘n wulpse vrou
hier tussen die welige see plante,
hangend
oor
die
kloof.

Flankeer met elke insek wat lomerig verby kruie,
vermaak hul met haar hotnotsvy gesiggies
en laat hul heel bedwelmd deur die seesproei luier.

Dan… met haar mistieke nuanse wat hang in die lug –

Laat sy die walvisse skouspelagtig spring in die see
en die dolfyne rinkink asof hul ontklee
vir Lente se liefdes spel van die jaar.

O Lente… ‘n listige verleidster, Delila is jy gewis!




Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

3 Kommentare

  • Koekekranka

    Pragtig jou gedagtes en waarneming oor die lente verwoord. Mens voel die lente wriemelend tussen jou woorde. Welgedaan.

    • Cornien

      Baie dankie vir 'n welkome kommentaar. Ek was vir die 1ste keer in 20 jaar weer by die see, en dit wat ek verwoord het, het ek die voorreg gehad om werklik te sien. Die fototjie het ek self geneem langs die Balito kus en was verstom om die walvisse en dolfyne te sien. Dit het werklik gevoel of daar 'n mistieke - magiese nuanse in die lug hang. Ek was 4 dae rustig by die see wat jy ook fisies moes afklim teen die kloof/krans om by die see te kom. Ek is nou wel 'n karoo - vlak mens in my siel, maar was verstom met die bekoring wat ek ervaar het.

  • Anze

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September - Lente projek 

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed