Fênsy woorde sonder kappies
Ek wou ook soos jý
leestekens oor my woorde lê
want jy kon die klem verskuif
toonhoogte só aangee. Met ‘n
alt 136 het ek toe ge-ê
sonder om veel te sê
soos ‘n Hadida
net vlugloos ge-ê-ê
want jy, my kind
was vir my die wind
wat my vlerke sou laat vlieg
oor jou hoogtes het ek gedroom,
met alt was alles moontlik,
maar soms is die opsies beperk
want met of sonder leestekens
sal ek jou nooit werklik kan sê
hoe ongodelik hoog my liefde
jou spoorloos sal kan dra.
© 2017 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
2 Kommentare
-
Viooltjie
Baie goed gedoen, Caren!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Oordenkend... Interessant en oorspronklik!