Ek wil lewe
Ek wil lewe –
met die seewind in my hare,
tone in die sand gewoel
Waar spierwit borrelbranders
oor goue strande spoel.
Ek wil lag soos n kind
wat rondomtalie draai
Op die vleuels n lentebries
die somerreën aanwaai!
Dans in die maanlig
van n helder somersnag,
benee die hemelruim se towerjas
waar die melkweg oor my lag.
Soos Mariachi melodië
terapeuties deur my vloei –
voel ek hoe nuut gevonde lewe,
soos kersiebloeisels
aan my groei.
2 Kommentare
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September - Lente projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
Skatlike harttrefende woorde wat baie meer sê as wat gewil is. Ja, ons smag elkeen die volheid van die lewe op die tokkel van ons eie hartskitaar se swymel, dan nie? Baie geniet!