
Weg (Goud)
ek wou nog hello sê
en groet
toe val my woorde
in swaar eggos op die grond
met net die spieëlbeeld
van die klanke
wat afloop soos versugtings
teen die hoeke van my mond
ek wou nog groet
en hoed afhaal
maar jou wegwees
was my wyser
en midde van my uitgang
sien ek weer jou glimlag en gesig
en skroei die son die beelde
van ons immer broederbond
Andries Fourie
(Seirdna)
2022.05.12
3 Kommentare
-
Elizabeth
Sjoe, pragtig Andries!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Mei 2022 OOP projek