Jongste aktiwiteit:

Varslug

hoë na lae druk
beweeg lug vrylik
laat vullis warrel
deur veld en strate
in stofwinde

hoë denke baar dogmas
in dik boeke gedruk
gou getwiet* in media grepe
opgedis as gemoedpoedings
en advertensie fondasies

lig gebaseerde teoriëe
waai stof die eter in
verval weer met control alt del**
en blits vinnig gaan lê
die stof

*twiet
◙ ww. [het getwiet]
2 (internet) teksbrokkies van nie meer as 140 karakters op ’n slag nie op die sosiale medium
Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (6de uitgawe)

**Control-Alt-Delete (afkorting Ctrl+Alt+Del, ook bekend as die “drie vinger saluut) is ń rekenaar sluitel / bevel wat ń rekenaar werksessie laat beëindig en die totale stelsel tot stilstand bring om van nuuts af weer te begin




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed