Jongste aktiwiteit:

Oggendlied Goue kategorie

Oggendlied

Vroeg, voor die dag breek,
die nag nog huiwer in indigo-blou
as my droom nog soos misvlae
aan onwerlikheid klou
ryg flaminke hul groet
aan die seewind se grou.

Vroeg, as dit lig word,
wyl misslierte uit die naglug plooi
sing die bossanger borrelend
die morestond rooi
breek sy bruisende liedjie
die dag wondermooi

en die see lê wyd en oop
en baie blou
en kaats sterre na die son
kormorante vleg ‘n swart lint
teen die horison
en op die strand lê die veer
van ‘n pienk flamink.




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed