Jongste aktiwiteit:

die liefde onthou (SILWER)

die liefde onthou

in die skemer sit ek en staar na die raam
laggend gesigte in sagte pastelwolke blou
hand-aan-hand waar ons lugkastele bou
reinwit in onskuld ons twee vredig saam

ek onthou hoe ons deur liefde verdoof
in helder kleure ons toekoms kon skilder
waar jy jou ewige trou aan my beloof
die besoeke word so ongesiens minder

vurig rooi ons liefde as die sterre skyn
soos water tuimel oor bruisend waterval
ry ons golwe van die lewe tot in doodsdal
daar waar ons sprokie in donker dal verdwyn

in die skemer sit ek en staar na die raam
die prentjie in koue grou grys kleure verkleur
wonder ek – wie dra die sware blaam
wyl ek in die dooie donker oor jou treur

©Marlene Erasmus
22/05/2022




5 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed