Jongste aktiwiteit:

Tussen krake

Sag voel die seesand onder my voete
goudgeel blommetjies wat nooit in die wind kan knak
dit laat my hart vol seëninge klop
wat die Hemelse Vader Vir ons gee, om die liefde so weergaloos te kan eksperimenteer

Die branders speel ‘n lied
‘n lied van skelms, skobbejakke, hy sing ook van sjokelade, soene en sonbrand
ek sien op die horison drome van gister, van nou en môre
jy skree hardop, totdat jou asem binne jou brand

In die skaduwees van gister, lê druppeltjies van onthou
waar ons saam op die rotse loop
voel ek in die holtes van eensaamheid ‘n soete oorgawe
wat my huigend na asem laat snak

Teen ‘n sandduin sit ek op ‘n bankie
ek voel jou aanraking saggies, soos die mistige Kaapse weer
sproeireën druppels wat teen my gesig spat
wonder ek ten spyte van die verlange in my
of ‘n hart se kneus nog steeds die geur het om te ‘wil’ begeer




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed