Jongste aktiwiteit:

Die Ballerina wat doodgaan onder ‘n bloedmaan

Haar gesig rooi vir die maan
en ‘n busrit met jong mans wat haar irriteer
wonder sy hoe sal hulle doodgaan
in ‘n wêreld vol boemelaars, flenterlappe
en Chopin…
net Chopin kan haar verstaan-
“jongmans masturbeer te veel” reken sy
die verhoog ‘n gedig sonder woorde
wat geduldsaam wag,
maar rooi die maan
en bloed oor haar gesig-
in die puin van die melodie
kon net sy die werklikheid verstaan
stilte is al wat kraak oor die vloer vanaand
waar is paradys sonder die klavier
en die danser wat sweefteliks seevier
bloed oor haar gesig
rooi die maan
tog net sy-tog net sy.

©Morné du Preez




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed