ek sal jou onthou
vir ma 11/06/1945 – 23/5/2022
ek sal jou soek
in die volmaan se gloed
in die ysterklip
wanneer die geel gras
oor die veld wieg
in die hemelhoëhange
wanneer jou asem snak
in meiringspoort se gange
ek sal jou proe
in soetwyn en sushi
suiglekkers in ‘n blikkie
roomys en halva
en seafood pasta
ek sal jou ruik
in roosparfuum
lafentelolie en rooibostee
wanneer jy jouself
met liefde vir my aangee
ek sal jou sien
in elke irma stern
van gogh
en rosina wacthmeister
van 1980
ek sal jou hoor
in die liedjies van
demos roussous
nana mouskouri
en vicky leandros
ek sal jou voel
in jou hekellappies
en wanneer ‘n oumens
by my inhaak
gestut teen die swak
ek sal jou kry
in die kappertjies in my tuin
in ‘n beker kennakoffie
gemmertee
gewaagde kwashale
op ‘n doek
‘n mooi keramiekbak
en ‘n akademiese boek
vir jou sal ek onthou
en naby my hou.
27 Mei 2022
©️marikavanheerden
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Seirdna
Skitterend